Neem jou 8-12 jarige op ‘n 300-bladsy reis deur Suid-Afrika se provinsies, met blootstelling aan geografie en kultuur, en heerlike Suid-Afrikaanse disse om te maak.
Daar is 3 lesse per week, en 36 weke in totaal. Lees deur die dag se lesinhoud en plak dan die gepaste plakkers uit jou plakkerstel, op die kaart van die bestemming (aan die begin van die hoofstuk).
Die Teerpad Reis sluit in: My Reisdagboek, pdf Poskaarte, en ‘n stel plakkers. Kyk hier na die verskillende bundels, en blaai hier deur die boek.