Die Syferslim wiskunde reeks se doel is om kinders te bemagtig om wiskunde baas te raak, om wiskunde te geniet en die orde van die vak te waardeer. Die boeke is propvol speletjies en baie visueel, om te help bou aan ’n stewige wiskunde fondasie, en kinders speel-speel syferslim te maak.
Die Syferslim reeks hanteer al die onderwerpe soos in die KABV (“CAPS”) uiteengesit, in 2 reekse:
Nommerpas hanteer getalle en bewerkings, terwyl Meet-en-Pas fokus op patrone, ruimte, vorm en meting, en datahantering.
Daar is 2 boeke vir elke kwartaal, met 40 lesse per kwartaal. Dit is dus 10 weke x 4 lesse per week, of 8 weke x 5 lesse per week, met ruimte om van die lesse of speletjies te herhaal.
Doen dus 1 les per dag, en wissel af tussen die Nommerpas en Meet-en-Pas boeke soos wat dit julle pas: dag vir dag, week vir week of maak eers 1 boek klaar en doen dan die ander boek.
Hierdie bundel sluit in:
Nommerpas 1A, 1B, 1C, 1D
Meet-en-Pas 1A, 1B, 1C, 1D
Kolle-plakkers
Syferslim Snippers (Karton bylaag)
2 pakke kaarte: Syferkaarte en Blitskaarte
2 kolle-kubusse en 1 tienkantige nommerblokkie
As bonus kry jy ook die rympieboek Stories wat tel, en ‘n 10x tafel boekie om die 10x tafel aan te leer en in te oefen.
Kwartaal 1:
Kwartaal 2:
Kwartaal 3:
Kwartaal 4:
Ekstras:
Bonus in hierdie bundel:
Stories wat Tel:
Maaltafel boekie om die 10x tafel in te oefen: